Month: Augustus 2019

Volg my

Toe ons verlede week aan tafel gesit het, het my oudste seun gekla dat sy sussie “altyd” doen net wat hy doen. Wanneer sy sy laggie namaak en haar skyfies eet voordat sy haar hamburger eet, irriteer dit hom en maak hom kwaad. Ek en my vrou probeer aan hom verduidelik dat dit hom ’n geleentheid bied om ’n goeie…

Nou is nie vir altyd

“Dink hoe goed dit sal voel as dit nie meer seer is nie,” het my pa altyd gesê wanneer ek ’n val gehad het of my seergemaak het en redelik onsteld daaroor was. In daardie stadium het sy advies nie regtig gehelp nie. Ek was nie in staat om op iets anders as die seer te fokus nie en harde…

Die lewe wat saakmaak

Isaac Hann was ’n onbekende pastoor wat gedurende die 18de eeu in ’n klein kerkie in Loughwood, Engeland, as leraar gedien het. Aan die einde van sy bediening het sy gemeente uit slegs 26 vroue en 7 mans bestaan. Slegs vier van die mans het die eredienste redelik gereeld bygewoon. In hierdie dae van groot kerke en gemeentes, wie sou…

’n Muggie les

Terwyl ek eendag my daaglikse wandeling onderneem het, is ek onverwags deur ’n swerm insekte omgewe. Ek het my nie baie daaraan gesteur nie, maar later ontdek ek toe heelwat bytplekkies aan my enkels en arms. Ek is skynbaar deur ’n swerm muggies toegetakel en die bytplekke het my later baie ongerief veroorsaak. Hierdie ondervinding het my ’n nuwe insig…

Waaroor gaan dit?

Onlangs was ek in ’n besige winkelsentrum toe ek ’n vrou gesien het wat haar pad tussen die mense deur oopgebaan het. Sy het ’n T-hemp aangehad waarop die volgende woorde verskyn het: DIT GAAN ALLES OOR MY. Haar optrede het die waarheid van hierdie woorde bevestig. Ek is bevrees sy is nie alleen nie. Daardie boodskap word vandag deur…

Die beste kamer

Gedurende ’n navorsingsbesoek aan Duitsland was ek teleurgesteld om te hoor dat ek in ’n klooster sou tuisgaan. Ek het my ’n somber plek voorgestel, sonder enige verhitting, koue klipvloere en harde beddens. Tot my groot verbasing is ’n warm gemaklike kamer vir my gereedgemaak. My kollega het aan my gesê: “Die monnike glo dat hulle altyd hulle besoekers moet…

Satan het my dit laat doen

Gedurende Maart 2009 is ’n dame van 62 jaar aangekla dat sy die bedrag van $73,000 van ’n kerk in Washington gesteel het. Toe speurders haar ondervra, het sy gesê: “Satan het ’n groot aandeel in die diefstal gehad,” Dit het geklink asof sy wou beweer dat Satan haar gemotiveer het om dit te doen. Satan kon miskien ’n rol…

Uit die wentelbaan

Dit bly vir my ongelooflik dat ons die hemelruim kan binnedring en dit ondersoek. Maar dink net wat ’n vermorsing dit sal wees as ons ’n ondersoek van Mars wil doen, maar onderweg daarheen, gooi ’n ander minderbelangrike voorwerp se aantrekkingskrag ons planne omver. Pasop! Dis iets wat maklik in ons lewe kan gebeur! Toe Jesus sy dissipels geroep het…

Die virus van sonde

Die HINI pandemi het die wêreld se oë op virusse gevestig. Virusse is lewende organismes wat ’n gasheer nodig het op wie hulle kan teer en chaos kan veroorsaak. In sommige gevalle kan ’n virus lank teenwoordig wees voordat die gasheer eers bewus word daarvan. Gedurende daardie tyd kan die virus baie skade veroorsaak. As dit egter van die gasheer…

Hy weet alreeds

’n Vriend van my wat ’n handelsvlieënier is het my vertel van ’n vlug waartydens die vliegtuig ernstige meganiese probleme opgedoen het. Die probleem het dringende komplikasies gebied. Toe die situasie ontstaan het, het al die waarskuwingsligte in die stuurkajuit aangegaan en hy moes die situasie voortdurend monitor totdat hy eindelik veilig kon land. Nadat hy geland het, het hy…